Groenheide Boeke
South Africa

- PO Box 508, Hartenbos 6520, South Africa
- PO Box 508, Hartenbos 6520, South Africa
- groenheide.co.za (opens in a new tab)
- admin@groenheide.co.za
- +27 82 823 6395
- Contact: Robert Sadler
- Facebook: @groenheideboeke
Groenheide Boeke se ideaal is om met die medewerking van beide gevestigde en nuwe skrywers bekostigbare boeke aan te bied wat in elke opsig van net so ’n hoogstaande gehalte as enige duur boek is wat deur die groot uitgewers gepubliseer word. Ons reken dat Afrikaanse lektuur vandag vir baie persone, veral kinders en afgetredenes, te duur geword het en ons glo dat teen minder as R100 – dikwels selfs minder as R50 – vir ’n gedrukte boek ons die genot van lees weer binne die bereik van almal stel. Groenheide Boeke publiseer enkelboeke en reekse. Ons publiseer nuwe boeke, asook boeke wat uit kopiereg en nie meer beskikbaar is nie. Ons gewildste reekse is die verskeie Heideroos Romanses (liefdesverhale vir alle ouderdomme), Die Poniehoewe-Klub (vir meisies 9 tot 12 jaar wat mal is oor perde), Die Karoo Avonture (plaaslike ‘cowboy’-boeke vir seuns en mans) en klassieke Afrikaanse reekse soos Die Swart Luiperd en Temmers van die Woestyn. Besoek Groenheide Boeke se webwerf vir al die inligting rakende publikasie van manuskripte of die aankoop van boeke, hetsy vir eie leesgenot of herverkoop in winkels.
More publishers in South Africa
Browse all publishers →Tracey McDonald Publishers, established in 2013, is a leading indie publishing house based in South Africa.
StoryTime is a micro African press dedicated to publishing short fiction by emerging and established African writers.
The nine indigenous language National Lexicography Units, supported by the Pan South African Language Board, have a Constitutional and Legislative mandate to develop dictionaries and other material in
South Africans know little of their own past let alone that of other South Africans who have a different language as mother tongue.



